Wie is ons?
By Grondpad Vellies glo ons daaraan dat ‘n goeie paar vellies jou op enige avontuur kan neem – of jy nou op ‘n grondpad stap, op die plaas werk, of net gemaklik wil lyk en voel.
Ons egte leer vellies word volgens noukeurige spesifikasies gemaak om te voldoen aan die hoë eise van die Suid-Afrikaanse mark. Ons gebruik slegs koeihuid-leer van volhoubare verskaffers, wat verseker dat ons produkte van die hoogste gehalte is en jou jare se dra-genot sal bied.